Rocklands
Kom Ervaar Jag en
Familie Avontuur
By Rocklands Game Farm, net 60 km van Britstown, bied ons jag geleenthede vir die passievolle jagter. Ervaar die stilte van die veld, die opwinding van die jag, en die samesyn rondom die vuur ná ’n dag in die natuur.
Maar Rocklands is méér as net jagplaas.
Dis die perfekte plek vir ’n rustige familiewegbreek saam as gesin of vir n oupa en ouma vakansie, of vir kerkgroepe en pensionarisse wat wil herlaai in die stilte van die Karoo. Speel in die modder, stap tussen granaatlanings, swem in die plaasdam, en kuier in ’n ouwêreldse plaashuis met houtvloere en kampvure wat stories roep.
Hier is daar plek vir elke hart om te rus, herhinneringe te maak en geestelik te groei.





































Hier jag jy
nie net nie . . .
Jy beleef die Karoo
By Rocklands Game Farm bied ons mannejagte aan vir dié wat die Karooveld op sy beste wil beleef – dis die plek vir broederskap, stilte, kampvuurgesprekke en opwinding in die veld. Ons verwelkom ook familiejagte, waar pa en seun, pa en dogter, of man en vrou saam jag en kosbare herinneringe vorm.
Ons bied drie jagmetodes aan, elk vir verskillende voorkeure en ervarings:
- Walk & stalk – vir dié wat hou van stil stap en nader sluip;
- Jag vanaf ’n bakkie – ideaal vir waarneming oor groter areas;
- Voorsitjag – vir geduldige jagters wat die wild op hul laat kom
Familie en
Geloofsaktiwiteite
by Rocklands Game Farm
Kom raak stil in die Karoo en beleef ’n kruistog-staproete oor ’n gemaklike koppie—’n pad van stilte, gebed en aanbidding.
Kruis bo-op die koppie (nagmaal—brood en wyn word voorsien)
Doopgeriewe: besproeiingswater vir babas én ’n natuurlike klipdoopbad met skoon ondergrondse water vir onderdompeling
Oop graf & Opstanding-ervaring met bemoedigende boodskappe langs die roete
Groot natuurlike amfiteater by die doopbad (ideaal vir groot groepe en gaste)
Piekniekgeriewe
Spesiale tariewe vir kerkgroepe, families, wyke, individue en skoolgroepe (dagbesoekers of oorslaap)
Jagters Tariewe
Ingesluit
Ons dagfooie sluit in:
- Jagbakkies
- Veld assistente
- Koelkamer fasiliteit
- Slag van wild
- Kommunikasie radios
- Bestuur Toesig
Dag Fooi Tariewe
R3500
Minimum 4, Maksimum 10
Bykomende inligting
- Huishulpe: Ingesluit, maar fooitjie welkom.
- Wildspryse onderhewig aan beskikbaarheid.
Belangrike informasie
- Bevestig geskatte hoeveelheid diere van soort en geslag per jagter, met bespreking.
- Deposito van R2000 per jagter (nie terugbetaalbaar) met bespreking.
- Jagters bring eie verpakkings materiaal, sakke of kratte vir wildsvleis.
- Verpligte skietbaan besoek voor jagveld betree sal word.
- Geen jagters onder invloed van sterk drank op jagveld toegelaat
- Jag metode: Walk & Stalk/ Jagbakkie/Voorsit jag
- Deposito van 50% op akkommodasie per persoon (nie terugbetaalbaar) 1 maand voor bespreking.
- Standaard jag regulasies van toepassing. Sal later deurgegee word.
- Kwotasie sluit nie BTW in.
wildspryse

Springbokke
Ooi R1250 | Ram R1500

Gemsbok
R9000

Kudu
R9000

Vlakvarke
R850/Kop
Slagfooi
Karoo Lamsvleis (Dorper): R98/kg
Geslag, verkoel, opgesaag & Verpak – Bevestig hoeveelhede 2 maande voor bespreking
Opsie Een vir akkommodasie
Rocklands Akkommodasie
Die huis beskik oor vyf ruim kamers, twee badkamers, ’n ten volle toegeruste kombuis en ’n gesellige sitkamer vir daardie laatnag geselsies of vroeë oggendkoffie.
Daar is sonkrag en gas vir betroubare krag, asook bystaan-generators indien nodig. Skoon, ondergrondse water. Indien Rocklands vol bespreek is, is Maritzdam beskikbaar vir gaste – Maritzdam beskikbaar, sien onder.
- 5 x Dubbelbeddens
- 4 x ¾ Beddens
- 4 x Enkelbeddens
- 1 x Volle Binnehuis Badkamer
- 1 x Buite Badkamer
- Onderdak Braai Area
- Opelug Braai Area
- Sonkrag
- Wi-Fi
Of jy nou kom jag, rus of kuier – Rocklands se plaashuis is gereed om jou tuis te laat voel.
Kamers word nie apart verhuur nie. Plaashuis word as n eenheid net aan 1 groep/familie verhuur.
R450 p.p.p.nag
R350 p.p.p.nag
R250 p.p.p.nag
R150 p.p.p.nag
R200 p.p.p.nag
Kontak ons vir groep besprekings
R450 p.p.p.nag
R350 p.p.p.nag
R250 p.p.p.nag
R150 p.p.p.nag
R200 p.p.p.nag
Kontank ons vir groep besprekings














Opsie Twee vir akkommodasie
Maritzdam Akkommodasie
Maritzdam is toegerus met enkelbeddens vir 14 mense.
Maritzdam bied geen spysenieringsdienste aan nie en is slegs selfsorg. Kombuis toegerus met al die nodige (yskas, deep freezer, opwasarea, potte, panne, borde, messe, vurke en glase).
- 4 x Enkelbeddens
- 5 x Stapelbeddens
- 1 x Badkamer met 3 Storte
- 1 x Klein Badkamer
- Groot Kombuis
- Swembad
- Opelug Braai Area
- Wi-Fi
Geniet n lekker selfsorg atmosfeer by Maritzdam.
R550 p.p.p.nag
R550 p.p.p.nag














Oase
Familie Wegbreuk
Aktiwiteite en Familie Pret
As jy smag na ’n egte plaaswegbreek waar kinders weer kinders kan wees en families saam kuier soos in die ou dae, is Rocklands Game Farm die ideale bestemming. Hier kan die kleingoed hul verbeelding uitleef in die speel-speel shoppie, dress-up hoekie, ou speelgoedkarretjies bestuur, modderpoele en kleilat gooi, en sorgeloos op die plaaswerf rondspeel. Grootmense kuier onder die bome, by die vuur of op die stoep van die ou plaashuis met sy houtvloere – eenvoudig, rustig en vol herinneringe.
Vir dié wat diep rus en geloofsherstel soek, bied ons ook ’n kruistog-wandelpad – ’n roete van stilte, gebed en natuurskoon wat verfris in liggaam en gees. Of jy ’n gesin is wat wil wegbreek, of ’n kerkgroep of pensionarisse wat saam wil stil raak, hier is daar plek vir elke hart wat hunker na eenvoud, natuur en egtheid.











- Jag - 300m Skietbaan
- Staproetes
- Fietsry Veldroetes
- Speelpark met Moddergat
- Vlot en Spane (Somer)
- Swem en Foefieslide in die Plaasdam
- Besigtingings Toere on Aanvraag
Ontdek die Karoo
Jag, Avontuur en Ontspanning
Kontak
Kontak ons
Bespreek jou wegbreuk!
Familie Wegbreuk – Nicolien Botha +27 72 687 9848
Jag Naweke – Johan Greyling +27 78 062 6012
whatsapp alleenlik
Email: info@rocklandsgamefarm.co.za