Rocklands

Kom Ervaar Jag en
Familie Avontuur

By Rocklands Game Farm, net 60 km van Britstown, bied ons jag geleenthede vir die passievolle jagter. Ervaar die stilte van die veld, die opwinding van die jag, en die samesyn rondom die vuur ná ’n dag in die natuur.

Maar Rocklands is méér as net jagplaas.
Dis die perfekte plek vir ’n rustige familiewegbreek saam as gesin of vir n oupa en ouma vakansie, of vir kerkgroepe en pensionarisse wat wil herlaai in die stilte van die Karoo. Speel in die modder, stap tussen granaatlanings, swem in die plaasdam, en kuier in ’n ouwêreldse plaashuis met houtvloere en kampvure wat stories roep.

Hier is daar plek vir elke hart om te rus, herhinneringe te maak en geestelik te groei.

Hier jag jy
nie net nie . . .

Jy beleef die Karoo​

By Rocklands Game Farm bied ons mannejagte aan vir dié wat die Karooveld op sy beste wil beleef – dis die plek vir broederskap, stilte, kampvuurgesprekke en opwinding in die veld. Ons verwelkom ook familiejagte, waar pa en seun, pa en dogter, of man en vrou saam jag en kosbare herinneringe vorm.

Ons bied drie jagmetodes aan, elk vir verskillende voorkeure en ervarings:

  • Walk & stalk – vir dié wat hou van stil stap en nader sluip;
  • Jag vanaf ’n bakkie – ideaal vir waarneming oor groter areas;
  • Voorsitjag – vir geduldige jagters wat die wild op hul laat kom

Jagters Tariewe

Ingesluit

Ons dagfooie sluit in:

  • 2x jagbakkies
  • 4x Veld assistente
  • Koelkamer fasiliteit
  • Kommunikasie radios
  • Bestuur Toesig

Dag Fooi Tariewe

  • Jagters: R850/dag/jagter
  • Nie-jagters: R400/dag/persoon

Minimum 4, Maksimum 10

Bykomende inligting

  • Huishulpe: Ingesluit, maar fooitjie welkom.
  • Wildspryse onderhewig aan beskikbaarheid.

Belangrike informasie

  • Bevestig geskatte hoeveelheid diere van soort per jagter 2 maande voor bespreking.
  • Jagters bring eie verpakkings materiaal, sakke of kratte vir wildsvleis.
  • Verpligte skietbaan besoek voor jagveld betree sal word.
  • Geen jagters onder invloed van sterk drank op jagveld toegelaat
  • Jag metode: Walk & Stalk/ Jagbakkie/Voorsit jag
  • Deposito van 50% op akkommodasie per persoon (nie terugbetaalbaar) 1 maand voor bespreking.
  • Standaard jag regulasies van toepassing. Sal later deurgegee word.
  • Kwotasie sluit nie BTW in.

wildspryse

Springbokke

R1500/Ram | R1250/Ooi

Gemsbok

R8500/Bul | R7200/Koei

Kudu

R8800/Bul | R6800/Koei

Slagfooi

  • Grootwild: R200/kop
  • Kleinwild: R100/kop
  • Karoo Lamsvleis (Dorper): R98/kg
    Geslag, verkoel, opgesaag & Verpak – Bevestig hoeveelhede 2 maande voor bespreking
Jagpakkette
Ons bied 'n verskeidenheid jagpakkette aan om aan al u behoeftes te voldoen.
Jagters en Gesinne
Ons plaas is ideaal vir beide jagters en gesinne wat 'n onvergeetlike ervaring soek.
Gesinsvriendelik
Geniet die uitgestrekte veld, 'n verskeidenheid van wildspesies, en 'n verskeidenheid van ander aktiwiteite soos staproetes, fietsry, swem en speletjies.
Rocklands, 'n Karoo Ervaring
Karooplaas met unieke topografie en karooveld samestelling.

Bekostigbare

Akkommodasie

Die huis beskik oor vyf ruim kamers, twee badkamers, ’n ten volle toegeruste kombuis en ’n gesellige sitkamer vir daardie laatnag geselsies of vroeë oggendkoffie.

Daar is sonkrag en gas vir betroubare krag, asook bystaan-generators indien nodig. Skoon, ondergrondse water.. Indien Rocklands vol bespreek is, is Maritzdam ook beskikbaar vir gaste.

Of jy nou kom jag, rus of kuier – Rocklands se plaashuis is gereed om jou tuis te laat voel.

Kamers word nie apart verhuur nie. Plaashuis word as n eenheid net aan 1 groep/familie verhuur.

Jagter

R450 p.p.p.nag

Nie Jagters

R350 p.p.p.nag

Pensioenarisse

R250 p.p.p.nag

Kinders onder 6 Jaar

R150 p.p.p.nag

Kinders 6 - 12 Jaar

R200 p.p.p.nag

Granaat Produkte

Seisoenaal beskikbaar

Jagters

R450 p.p.p.nag

Nie Jagters

R350 p.p.p.nag

Pensioenarisse

R250 p.p.p.nag

Kinders onder 6 Jaar

R150 p.p.p.nag

Kinders 6 - 12 Jaar

R200 p.p.p.nag

Granaat Produkte

Seisonaal beskikbaar

Oase

Familie Wegbreuk

Aktiwiteite en Familie Pret

As jy smag na ’n egte plaaswegbreek waar kinders weer kinders kan wees en families saam kuier soos in die ou dae, is Rocklands Game Farm die ideale bestemming. Hier kan die kleingoed hul verbeelding uitleef in die speel-speel shoppie, dress-up hoekie, ou speelgoedkarretjies bestuur, modderpoele en kleilat gooi, en sorgeloos op die plaaswerf rondspeel. Grootmense kuier onder die bome, by die vuur of op die stoep van die ou plaashuis met sy houtvloere – eenvoudig, rustig en vol herinneringe.

Vir dié wat diep rus en geloofsherstel soek, bied ons ook ’n kruistog-wandelpad – ’n roete van stilte, gebed en natuurskoon wat verfris in liggaam en gees. Of jy ’n gesin is wat wil wegbreek, of ’n kerkgroep of pensionarisse wat saam wil stil raak, hier is daar plek vir elke hart wat hunker na eenvoud, natuur en egtheid.

Ontdek die Karoo

Jag, Avontuur en Ontspanning

Kontak

Kontak ons

Bespreek jou wegbreuk!

Nicolien 072 687 9848 | Johan: 083 4148 480
whatsapp alleenlik

Email: info@rocklandsgamefarm.co.za

Scroll to Top